DIENSTE

DRUKPERS

Opgeleide en ervare drukkerskorps verseker dat 'n goedgekeurde drukproef aan u verwagtinge van die eindproduk voldoen. Produktiwiteit is prioriteit en met die aankoop van 'n A2-kleurdrukpers en 'n hoëwerkverrigting-voumasjien kan kwaliteit volkleurdrukwerk in 'n groter formaat en teen 'n vinniger drukspoed gelewer word. Ons is verbind tot voortgesette uitbreiding en opgradering in hierdie verband om op 'n koste-effektiewe wyse aan kliëntbehoeftes te voldoen.

SELFKLEEF-ETIKETTE

Trans Oranje Drukkers ontwerp en druk verskeie grootte etikette wat selfklewend en boonop kouebestand is vir slaghuise, melkerye, vrugtesapverskaffers en die wynindustrie, asook etikette vir bakkerye, tuisnywerhede, droëvrugteverpakkers ens. Verskeie materiaal- en aanwendingstipes na gelang van die gebruiksdoeleindes word ook gedruk.

Ons spesialiseer verder in etikette vir spesiale geleenthede asook strepieskode- (barcode) etikette. Met Trans Oranje Drukkers se vars ontwerpe en kwaliteit drukwerk verhoog ons die bemarkingspotensiaal van u produk.

THYRON BESIGHEIDSVORMS

Vir korporatiewe aaneenlopende drukwerk is Thyron Besigheidsvorms u drukkersvennoot. Brei u besigheid se korporatiewe identiteit uit deur te belê in aaneenlopende state, fakture, kwitansies, werkkaarte en prestasierekords.

Vanjaar is Thyron Besigheidsvorms ‘n dekade in produksie. Die bestaande infrastruktuur van Trans Oranje Drukkers word benut, asook die besigheidsperseel. Kliënte verkry dus ‘n omvattende diens wat die ontwerp en druk van aaneenlopende drukwerk met ‘n professionele korporatiewe voorkoms betref.


POST-DRUK

Sekere perforasie en aaneenlopende nommering van state/fakture word ná die drukproses aangebring. Die vergaar van drukwerk in volgorde en bindwerk bv, vierkantrugbind met 'n "Multibind" bindmasjien, bespoedig produksie. Die verlangde formaatsnywerk word ook voltooi.

'n Verpakkings- en versendingsdiens word gelewer in ooreenstemming met kliëntbehoeftes. Hierby ingeslote is uiterse billike koeriertariewe wat beding is om spoedige en tydige aflewering van produkte te verseker.


FOTOGRAFIE

'n Fotografiese diens word gelewer - filmformaat of digitaal na gelang van kliëntbehoefte.


kopiereg©2005